3 Mei - 26 Mei
Die Kraal Kunstefees is 14 jaar gelede deur die NG-gemeente Rooihuiskraal begin as 'n sangkompetisie in Centurion. Dit het oor die jare gegroei in 'n baie gewilde eisteddfod, waar jong sangers en afrigters kundige raad kry en gemeet word aan hulle eie vordering. Die kerk se musiekleier, Lizette Jonker, en orrelis, Carol Pretorius, werk saam met die musiekspan, koorlede, senior burgers en jeug om die fees suksesvol aan te bied.
Daar word elke jaar 'n ander beoordelaar gekies, en altyd iemand wat goeie ondervinding van beoordeel en afrig of verhoogoptrede het. Die beoordelaar mag nooit sy of haar eie studente laat deelneem nie, want dit sal nie regverdig wees nie.