30 Mei 2025 20:00
Maak gereed vir ‘n onvergeetlike aand vol sielvolle musiek en kragtige vokale, wanneer Ruhan du Toit die verhoog betree! Met sy unieke stem en diepgevoelde lirieke, beloof hierdie vertoning om hartsnare te raak en gehoor te betower.
Kaartjies verkoop teen R200 per kaartjie.
Familie Pakket: Koop 4 kaartjies en spaar R200 (R150 per kaartjie).
Kinders onder 2 jaar is gratis, en moet op 'n volwassene se skoot sit.
Moenie hierdie spesiale geleentheid misloop nie! Kry jou kaartjies nou en ervaar ‘n aand van ongelooflike musiek en samesyn.
Kom kuier vroeg en geniet heerlike kos en verversings voor die vertoning begin!
Kom eet, kuier en maak gereed vir ‘n onvergeetlike aand saam met Ruhan du Toit!
Kaartjies: R150 - R200 pp op Quicket
31 Mei 2025 07:00
Rooi Sambreelfees Pretstap – 5 km / 2.5 km
Sluit aan by die opwinding op Woensdag 1 Mei 2024 vir die gewilde Pretstap tydens die Rooi Sambreelfees! Die stap begin om 07:00, met registrasie wat vanaf 06:45 oop is.
👟 Kies tussen 'n 5 km of 2.5 km roete – ideaal vir die hele gesin!
🎭 Trek snaaks aan en staan 'n kans om 'n prys te wen.
🎟️ Toegang: R50 | Kinders onder 11 stap gratis!
Na die stap (vanaf 08:00):
Kom geniet 'n heerlike ontbyt, en kuier saam by die basaar met kos en pret vir almal:
🍛 Kerrie en rys, 🥘 potjiekos, 🥞 pannekoek,
🎯 speletjies en 🪄 gaskunstenaars!
Bring jou vriende en familie – dit gaan ’n fees wees!