Ons roeping:
Om die hoop in en van Christus tasbaar te maak sodat gesinne daardeur herstel, aangespoor en opgebou kan word en niemand verlore sal gaan nie.
Hoe gaan ons dit doen:
Met arms kan ons mekaar omarm en sterk kettings van konneksie vorm wat ‘n bron van versorging, vriendskap, hulp, beskerming en hoop kan wees. Ons leef dus die roeping van die gemeente uit deur die skep van sosiale ruimtes en konneksies waarbinne ons meewerk aan die eenheid wat die Gees tussen ons gesmee het vir die herstel, opbou en aanspoor van gesinne.
Ons skep sosiale ruimtes waar mense aan die hand van hulle belangstellings/stokperdjies/sport kan deelneem en deel word.
Ons bedien die manne/pa’s/oupas/seuns in ons gemeente met ‘n fokus op manwees en gesonde gesinne
Ons bedien die dames/mammas/oumas/dogters in ons gemeente met ‘n fokus op vrouwees en gesonde gesinne
Die A-Z van deelvoel, deelword, en inskakeling in ons gemeente
Vriendekring vir enige van ons senior lidmate wat saam bybelstudie doen, kamp, kuier, eet ens.
Bediening aan mammas en kinders wat in die fase van swangerskap tot peuter is. ‘n Netwerk vir ondersteuning, advies, inligting sessies en toerusting. Dit sluit ook ons HOP(hoop aam ouers met preemies) projek in.