Ons roeping:
Om die hoop in en van Christus tasbaar te maak sodat gesinne daardeur herstel, aangespoor en opgebou kan word en niemand verlore sal gaan nie.
Hoe gaan ons dit doen:
Deur die dienende aksies van opbou, herstel en aansporing. Die kruispunt is die forum waarby al die bedieninge mekaar kruis. Ons modus operandie is om te luister na God, ons gemeente, ons bedieninge/leiers, personeel en gemeenskap met die vrae: Waar moet ons bou/opbou, wat of hoe kan ons herstel bring, waar moet ons aanspoor?; en om dienooreenkomstig uitvoering daaraan te gee. Die kruis herinner ons aan ons roeping, en die verskeie kleure aan die wyses waarop ons uitvoering hieraan wil gee.