Welkom by NG Kerk Rooihuiskraal
Welkom by NG Kerk Rooihuiskraal
Om die hoop in en van Christus tasbaar te maak, sodat gesinne daardeur herstel, aangespoor en opgebou kan word, en niemand verlore sal gaan nie.
Sondae 2025
Oggend eredienste : Begin 8:30
‘n Afrikaanse erediens vir die hele gesin. Ons nooi jou en jou hele gesin om deel te neem aan ons oggend eredienste waarin ons altyd poog om ‘n gesinsvriendelike atmosfeer te skep deur ‘n gesonde verskeidenheid van liedere en temas, binne ‘n lewendige en soms meer tradisionele liturgie.