Ons roeping:
Om die hoop in en van Christus tasbaar te maak sodat gesinne daardeur herstel, aangespoor en opgebou kan word en niemand verlore sal gaan nie.
Hoe gaan ons dit doen:
As gemeente het ons verskeie samekomste, van eredienste tot by die hou van basaars. Ons strewe is om nie alleen samekomste te reël nie, maar om seker te maak dat ons samekomste doelgerig bydra tot die uitleef van ons gemeente roeping. Elke samekoms moet ‘n ruimte en fasiliteerder van Jesus se hoop wees wat gesinne herstel, opbou en aanspoor. Pers simboliseer die Koningskap van God asook ons oorgawe aan en aanbidding van God as koningskinders. Ons wil met elke samekoms ‘n ruimte vir oorgawe en aanbidding skep.
A-Z van ons eredienste om samekomste/ruimtes te skep waarin ons roeping tot uitvoering kan kom.
Verantwoordelik vir die reël van die basaar/s in welke vorm dit aanneem, en om seker te maak dat die fokus in die 1ste draai rondom ons roeping.
A-Z van die gasvryheid op ‘n Sondag oggend. Om, vandat die gesin die perseel inkom totdat hulle huis toe keer, ruimtes te skep waar gesinne welkom, veilig en geliefd laat voel.