Ons roeping:
Om die hoop in en van Christus tasbaar te maak sodat gesinne daardeur herstel, aangespoor en opgebou kan word en niemand verlore sal gaan nie.
Hoe gaan ons dit doen:
Hande simboliseer die aksie van gee, versorging, troos, bou en van dra.
As kerk het ons die roeping om juis dit te doen deur uit te reik na mense en gesinne wat bemoedig moet word, wat nood het, of wat nie helpende hande het wat met praktiese dinge kan bystaan nie. Oranje is die kleur van lig, en van die son. Ons wil ligdraers in donker tye wees wat gesinne se hoop op ‘n nuwe dag wil versterk.
Bediening aan gesinne, wat in finansiële en/of maatskaplike nood verkeer, dmv kos, pastorale gesprekke en derglike hulp
Bystand en bediening aan gesinne wat geliefdes verloor het. Die fokus is om van A-Z ‘n hoopvolle rouproses te fasiliteer.
Hande wat hulp gee waar hande nodig is, hetsy saamry geleenthede, koop van inkopies, sny van gras, bou/herstelwerk ens. ‘n Netwerk van lidmate wat bereid is om hulle gawe aan te bied om ander te help, bv. Loodgieterswerk, Rekenaarbystand, Eletrisiteit, Regsadvies, Fotografie, Onderwys ens.