Ons roeping:
Om die hoop in en van Christus tasbaar te maak sodat gesinne daardeur herstel, aangespoor en opgebou kan word en niemand verlore sal gaan nie.
Hoe gaan ons dit doen:
Hierdie bediening se hoof fokus is om toerustingsgeleenthede te reël en aan te bied sodat ons as liggaam toegerus kan wees om ons roeping so effektief as moontlik uit te voer en daartoe by te dra. Sambrele is stukke toerusting wat beskerming bied teen die elemente, en soortgelyk hieraan wil ons toerusting gee aan ons gemeente wat kan help met die storms van die lewe. Rooi is die kleur van bloed wat die liggaam voorsien van suurstof en voeding sodat dit sterker kan word en opgroei tot volwasse gelowiges.
Enige en alle relevante toerusting wat gesinne kan help met gesinsdinamika, -kultuur, -gewoontes, -kommunikasie en -vaardighede
A-Z van leierskap toerusting en versorging