Ons roeping:
Om die hoop in en van Christus tasbaar te maak sodat gesinne daardeur herstel, aangespoor en opgebou kan word en niemand verlore sal gaan nie.
Hoe gaan ons dit doen:
Getuienis, diensbaarheid en liefde vir en aan verlore mense behoort een van die belangrikste kenmerke van die kerk van Jesus te wees. Hierdie bediening fokus op hierdie gewoontes om uitvoering aan ons gemeente se roeping te gee. Voete simboliseer die opdrag dat ons moet gaan om dissipels te gaan maak. Groen simboliseer groei en nuwe lewe wat spruit uit die saad van die evangelie wat gesaai moet word.